Verbum et Ecclesia (Aug 1986)
Die verband tussen kuns en kerk
Abstract
Die verband tussen kerk en kuns strek oor baie eeue en is steeds van aktuele belang. Vanwe� die noue verband wat tussen godsdienstige en die estetiese ervaring bestaan, is dit aanvaarbaar dat die kerk van tyd tot tyd standpunt sal inneem oor die aard en funksie van die kunste, en eweneens aanvaarbaar dat die kunste soms rigtings sal inslaan wat skynbaar in stryd is met die strewes en standpunte van die Christelike kerk.